Is dit belangrik vir ‘n vrou om ‘n maagd te wees vir haar man?
In vandag se sodom en gomorra lewenstyl nee, en so word dit gepromofeer op die TV en Hollywood flieks dat ‘n meisie in skool, haar maagdom moet verloor op “prom night” of maw matriek afskeid … En dit maak haar nou ‘n groot vrou en dat sy reg is vir die groot mens wêreld!
En so word ons kinders groot vandag en word nie Vader se Wet geleer hoe ‘n jong vrou haar vir haar man moet bewaar nie.
Hierdie verhouding met jou en jou toekomstige man word altyd vergelyk met die verhouding wat jy met jou Skepper moet hê. Hoe rein en skoon jy jou moet hou om met jou Man vereenig te word eendag. Al weet jy of ken jy nog nie jou Man nie.
Ons besef nie die ernstigheid van die maagdom nie. Vir vandag se mans en vrouens is jy ‘n “hero” en jy is “cool” as jy met baie ander gemeenskap het!!! Maar ons besef nie wat in die gees gebeur nie …
Sodra jy met iemand gemeenskap het, is jy gebind aan die persoon, of maw is jy getroud met daai persoon. Jy is een met haar/hom …
Gen 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
Jy word nie fisies een vlees as jy gemeenskap het met ‘n persoon nie. Maar in die gees is jy aan die persoon verbind! Dan tydens gemeenskap bly die eerste man se DNA in die vrou se liggaam vir dekades… En as sy dan met haar man eendag trou en hul eerste kind word gebore kan die kind die eerste man se karakter eienskappe oor erf en ook sy gebreke of bloedlyn siektes. Byvoorbeeld as die eerste man skeel oë het kan sy DNA in die vrou bly totdat sy eendag met haar man trou. As daai kind gebore word kan hy ook skeel oë kry al is die getroude man nie skeel of het hul geen kwale in hul bloedlyn van skeel oë nie. Die kondisie word microchimerism genoem.
Women carries their Ex lovers DNA for decades
Researchers found out that any man that has an unprotected sex will permanently leave his DNA to his partner’s body after ejaculation.the semen which released thru ejaculation contains lymphocytes that will pass through the woman’s bloodstream and will definitely stays in the organs. It has been proven through blood samples from various body parts and brain tissue in women where they have detected the presence of Y chromosomes. This Male DNA can stay in a woman’s body for decades. So, when a woman and have child with her present partner, there is a possibility that the child will have the characteristics or the traits or even can look like her mother’s ex lover.
This effect is called the microchimerism. This effect can 100% occur in women who had induced abortion of a male baby than women with other pregnancy history. But to women who have not been pregnant before, microchimerism happens as the result of unprotected sexual intercourse.
What can be the negative effect of this?
Simple, if the child can get the characteristics of her mother’s ex lovers, then he can also inherit the hereditary disease of the owner of that DNA. So girls, be careful of whom you will have sex with.
Dit is hoekom Vader se Wet so streng is op ‘n vrou om haar as ‘n reine maagd te hou vir haar man.
Deu 22:13 As ‘n man ‘n vrou neem en by haar ingaan en haar dan haat
Deu 22:14 en haar slegte dinge nagee en ‘n slegte gerug oor haar versprei en sê: Hierdie vrou het ek geneem, en toe ek naby haar kom, het ek die maagdom nie aan haar gevind nie,
Deu 22:15 dan moet die vader en die moeder van die dogter die bewys van die dogter se maagdom neem en na die oudstes van die stad by die poort uitbring.
Deu 22:16 En die vader van die dogter moet aan die oudstes sê: Ek het my dogter aan hierdie man as vrou gegee, maar hy het haar gehaat;
Deu 22:17 en kyk, hy het haar slegte dinge nagegee deur te sê: Ek het aan jou dogter die maagdom nie gevind nie—maar dit is die bewys van my dogter se maagdom. En hulle moet die kledingstuk voor die oudstes van die stad uitsprei.
Deu 22:18 Dan moet die oudstes van dié stad die man neem en hom tugtig
Deu 22:19 en hom ‘n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee, omdat hy ‘n slegte gerug oor ‘n jongmeisie van Israel versprei het. Verder moet sy sy vrou wees; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
Deu 22:20 Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie—
Deu 22:21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring, en die manne van haar stad moet haar stenig, dat sy sterwe, omdat sy ‘n skanddaad in Israel begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei
Dis hoe ’n Hebreurse huwelik plaasgevind het:
Die pa, dogter en die man sluit ‘n kontrak en die huweliks prys word vasgestel vir die dogter. Dws mans, ek het 3 dogters!!! Jul gaan beslis hul nie gratis kry by my kry nie. Jul sal moet betaal vir hul of hard vir hul moet werk 😉
Nou dat hul die kontrak gesluit het, beteken dit nie dat hul nou gemeenskap mag hê nie. Die man moet nou sy ooreenkoms nakom teenoor die vader en die bruid. Die bedrag wat vasgestel was vir die bruid moet hy dan eers betaal.
Hy moet ook kan bewys dat hy vir haar kan voorsien. En wanneer hy die huweliks prys betaal het vir sy bruid gaan hy en bou aan by sy vader se huis ‘n eksta vertrek waar hy en sy bruid gaan woon. Tydens die tydperk maak die bruid haar gereed vir haar man en wag vir haar man. Sy weet egter nie wanneer haar man gaan terug kom nie. Want die pa vir die bruidegom moet eers die die woning goed keur en na sy goedkeuring kan hy sy bruid gaan haal. Dws die bruid het nie geweet in watter uur haar bruidegom sal kom nie.
Wanneer die bruidegom kom en hy kom haal sy bruid, kry die paartjie ‘n wit kledingstuk wat op die bed geplaas was. Die volgende dag was dit aan die ouers terug gegee gewees. As daar bloed op was, was dit die bewys van die bruid se maagdom en die bruid se ouers het dit bewaar as die bewys van haar maagdom. Dws as haar man ‘n slegte gerug van haar versprei, dat sy nie ‘n maagd was nie, het die ouers die bewys. As sy nie ‘n maagd was nie was sy bestem as ‘n hoer en was gedood!
‘N maagd wat verloof is aan ‘n man word beskou as ‘n reine vrou. As iemand haar verkrag het, moes sy geskreeu het, sodat ander haar kon hoor. Die man wat haar oneer het, was dood gemaak gewees. As hy dood is beteken dit dat sy weer “rein” is, dws ‘n sy kan weer aan ‘n ander behoort, en val nie meer onder die Wet van hierdie man nie.
In Gen 34 lees ons hoe Jakob se dogter Dina verkrag was deur Sigem. En hoe die seuns van Jakob hom gedood het omdat hy hul suster onteer het!
Self Dawid se eie seun het sy dogter verkrag. Ons lees in 2 Samuel 13 hoe Amnon, sy suster Tamar baie lief gekry het en haar toe onteer het. En nadat hy haar onteer het, het hy ‘n afsku van haar gekry, en haar verstoot. Sy broer Absalom het sy broer Amnon gehaat en het hom toe later gedood. Dws as ‘n man ‘n meisie onteer het, moes hy gedood gewees het.
Of as sy nie verloof was aan ‘n man en dan gemeenskap met die persoon het, moet daai man haar as vrou vat en mag haar nie verstoot terwyl hy lewe nie !!!
Deu 22:28 As ‘n man ‘n dogter, ‘n jongmeisie, kry wat nie verloof is nie, en haar aangryp en met haar gemeenskap het, en hulle word betrap,
Deu 22:29 dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
As ons na die gedeelte kyk sien ons as “hul betrap” word. So baie van ons jong klomp sal dink nee ons sal nie betrap word nie … Maar as dit kom by die huweliks aand en daai wit lap is skoon, dan bewys sy haar man dat sy ‘n hoer is en nie ‘n reine maagd nie. En so wys sy ook dat sy gehoerreer het in haar vader se huis! En as sy nie trou met die man wat haar onteer het nie word sy bestem as ‘n hoer en sy moet sterf!
‘N priester mag net met ‘n maagd trou. Hul word as heilig beskou om voor Vader te kon staan. So die vroue wat hul moes vat as metgesel, moes maagde gewees het …
Lev 21:13 En hy moet ‘n vrou in haar maagdelike staat neem.
Lev 21:14 ‘n Weduwee of een wat verstoot is of ‘n onteerde, of ‘n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar ‘n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem
Dus is dit van kardinale belang dat ons dogters maagde moet wees vir hul mans. Die wêreld met hul flieks besoedel ons jong klomp vandag en die vriende en vriendinne wat ons kinders het. Hul word “gedare” om goed te doen om hul soedoende te besoedel! Wetteloosheid is aan die einde van die dag. Die huweliks kontrak vandag beteken niks nie. Dit was ‘n verbond wat jy en jou vrou gesluit het in die teenwoordigheid van יהוה YaHWeH al het jy nie יהוה YaHWeH geken daai dag nie. As jy die verbond met jou vrou verbreek behalwe deur hoerrery verbreek jy die verbond met יהוה YaHWeH ook!!! As ons as mans ons vrouens met respek en liefde hanteer sal ons vrouens ons ook met liefde behandel.
As sy jou prinses is sal sy jou as prins ag. Maar as jy haar as ‘n vloerlap ag, sal jy ook so gesien word!!! Verwyder jou onsimpatieke houding en begin liefde te ervaar. Van jou vrou en mede broers en susters en lewe voluit in liefde vir mekaar. Jy kan nie met een hand jou hand skoon was nie. Jy het beide hande nodig om jou hande mooi skoon te was. So kan jy nie jou eerste maagdelike liefde verstoot terwyl jy nog lewe nie.
As jy en ‘n vrou een word deur gemeenskap is jy aan haar verbind en sy aan jou. In gees is jul nou een. Sy probleme word jou probleme. En as sy saam baie mans geslaap het, en hy by baie vrouens word die “soul ties” so groot dat jul met al die paartjies vereenig. Dis waar probleme inkom… ongelukkigheid, depressie, verwerping, ens oor ons lewens kom. Want al die vorige paartjies se probleme word vereenig. Daar word ook gesê dat jy hul demone bykry …
En dis ook die rede hoekom ‘n priester net met ‘n maagd kon trou.
Vandag beteken ons woord niks nie. Maar as iemand hul woord gegee het aan iemand, moes hy daarby vas staan. Soos Herodus wat die meisie enigiets beloof het al was dit helfte van sy koninkryk, hy wou nie Johannes gedood het nie. Maar weens sy eed het hy haar versoek goedgekeur. As ons sê “tot die dood ons skei” moet ons daaraan gehoor gee en dat ons woord van krag moet wees. En soos die Wet sê het ons haar onteer en ons mag haar nie verstoot nie.
So hoe rein wil jy wees vir jou man eendag meisie kind? Wil jy net aan hom behoort en hy aan jou? Is jou woord jou woord?
En so moet ons ons vandag reinig vir יהוה YaHWeH. Ons wil net aan Hom behoort. Hy soek ons skoon en rein. Hy wil hê ons moet Hom eerbiedig en na Sy stem luister. So moet ons onsself reinig deur Sy Wet. Om te sien waarvan hou Hy en waarvan nie. Hy sal nie na ons kyk as ons sondig of onrein is nie. Watter Man sal vir ‘n vrou lief wees as sy nooit na Hom luister nie?
Ons huweliks prys vir die bruid was ‘n groot prys wat Mâshı̂yach moes betaal het. En soos Hy nou weggaan om die “huis” vir ons reg te kry moet die bruid haar nou reinig. Net soos met Pasga. Die Bruidegom is van ons verwyder en ons moet 7 dae ongesuurde brode eet. Dws die tydperk wat die Bruidegom van ons weggeneem is moet ons ons weerhou van sonde en ons reinig en gereed maak en olie in ons lampe kry.
En as Vader tevrede is met die huis dan sal die Seun kom. Dws net Vader ken die tyd en uur wanneer die Bruidegom sal kom. En as die bruid rein bevind is, sal sy saam in die huwelik verbind word. Indien nie, en sy is ‘n hoer, dws iemand wat aan ‘n ander ook behoort, sal sy gedood word, dws in die vuur gewerp word!
Ons is nou in die wag periode en die bekeer stadium. Ons moet nou aan geen ander man behoort nie.
Hos 3:3 En ek het aan haar gesê: Jy sal ‘n lang tyd moet stilsit vir my, nie hoereer nie en aan geen man behoort nie; en so ook ek teenoor jou.
Hos 3:4 Want die kinders van Israel sal ‘n lang tyd bly sit sonder koning en sonder vors en sonder slagoffer en sonder klippilare en sonder efod en huisgode.
Hos 3:5 Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en יהוה YaHWeH hulle Elohey soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na יהוה YaHWeH en na sy goedheid in die laaste van die dae.
As ons eintlik mooi daarna kyk is ons die huis wat gebou moet word … Ons lees gereeld wie die huis is naamlik:
Amo 5:4 Want so sê יהוה YaHWeH aan die huis van Israel: Soek My, dan sal julle lewe!
Israel is יהוה YaHWeH se huis. As die huis nie reg is nie kan die Seun nie kom nie. Die huis moet hul bekeer soos in Hos 3:5. En dit word mooi beskryf ook in Deuteronomium 30:1-10. En dit is om na יהוה YaHWeH se Wet te luister en gehoor gee aan die seën en vloek van Deuteronomium 28. En dan as יהוה YaHWeH sien die huis is reg, dan sal Hy ons versamel en onder ons kom woon. Maar die huis moet ag gee op die bevele!
Deu 30:10 as jy na die stem van YaHWeH יהוה jou Elohey luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot YaHWeH יהוה jou Elohey bekeer met jou hele hart en met jou hele siel
Let wel “hierdie wetboek” nie ‘n Nuwe Testamentiese wetboek nie!!! Vader verander nie!!
As ons huis nie reg is nie sal Hy nie vir ons kom nie. Ons moet ons maagdelik rein hou en net aan Een behoort! Nie hoerreer en ons onteer nie. Dames hou jul skoon en rein vir julle mans. Vaders en moeders wees jul ook getrou aan jou eggenoot. Want jou kinders leer van jou. As jy ‘n hoerreerder is, hoe kan jy van jou dogter verwag om nie te hoerreer nie? Jy moet die voorbeeld stel. En jou kinders is jou eind resultaat. Dawid het deur sy hoerrery erg deurgeloop. Dat sy eie seun sy dogter onteer het. En so het Absalom ook teen sy eie pa opgestaan en wou hom gedood het.
Ek dank יהוה YaHWeH dat hy my en my vrou gespaar het dat ons maagde kon wees vir mekaar. Ek kan יהוה YaHWeH ook net dank vir my vrou dat ons al 22 jaar saam is en dat sy steeds aan my getrou is. Sy berei gewoonlik die lekkerste ete vir Sabbat en feeste voor en ek sou nie so gasvry gewees het as sy nie so lekker kon kook nie 😉
Deur hierdie reine vrou wat ek gekry het, voel ek nou gerus om Vader se woord te bestudeer en deur te bring aan ander.
Laat ons begin luister en doen wat uit יהוה YaHWeH se Mond uitgegaan het en ons reinig en net aan Een behoort, sodat die huis rein kan wees en dat die Bruidegom kan kom.
Laat die wat kan hoor, hoor en die wat kan sien, sal sien en hul terugkeer na YaHWeH (יהוה) en Sy bevele gehoorsaam!
HalleluYaH
https://soundcloud.com/karel-gericke/is-dit-belangrik-vir-n-vrou-om-n-maagd-te-wees-vir-haar-man
