Strome van Lewende Water
.
Ons lees in Openbaring van die suiwer rivier wat water gee aan die bome sodat hul vrugte dra :
.
Opb 22:1 En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van ‘Ĕl en van die Lam.
Opb 22:2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.
Opb 22:3 En daar sal geen enkele vervloeking meer wees nie, en die troon van ‘Ĕl en van die Lam sal daarin wees, en sy diensknegte sal Hom dien
.
Ons weet die Boom van die Lewe was ook in Genesis. En die Boom verwys na Yahusha Mâshı̂yach. Hy sal die 12 stamme die lewende water gee sodat hulle daardeur lewe en vrugte sal dra. Daardeur sal hul hul geneesing kry en nie meer vervloek wees nie.
.
Dan lees ons ook in Johannes 4 die gesprek wat Mâshı̂yach gehad het met die Samaritaanse vrou ivm die Lewende water :
.
Joh 4:13 Yahusha antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
Joh 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Joh 4:15 Die vrou sê vir Hom: Meester, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
.
Die Water van die Lewe is die Gees, die Wet en Mâshı̂yach wat die volk die Water gee. En hul leeringe is eenstemmig.
.
1Jn 5:8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.
Hoekom sê ek dis die Wet? Watter leeringe sal die Gees ons in lei?
Net die Waarheid!
.
Joh 15:26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.
.
Die Waarheid is die Wet!
.
Psa 119:142 U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.
.
En die Gees sal ons onderrig in Vader se Wet.
.
Eze 36:27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
.
As die Gees eenstemmig is met Mâshı̂yach. Waarin sal Mâshı̂yach ons onderrig?
Eze 37:24 En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel
Die Wet is die Lewende Water wat ons reinig ons opvoed en ons aan die lewe hou, sodat ons vrugte kan dra. Sonder die Water verdroog ons, en ons dra geen vrugte nie. En ‘n boom wat nie vrugte dra nie word deur Mâshı̂yach uitgekap! Matthéüs 7:23
Paulus sê ook in Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood.
Volgens 1 Johannes 3:4 is sonde wetteloosheid.
Dws as jy die sonde doen, is jy besig om die water (Wet) uit jou lewe te sny. En ‘n boom wat nie water kry nie sal verdroog en doodgaan …
As ons na Vader se Wet luister en dit doen, dan sal ons Geregtigheid net aan hou en aanhou soos die golwe van die see …
Jes 48:18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos ‘n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see
Maar nou luister ons nie na Vader se Wet nie, nou kom die vloeke van Deuteronomium 28 en Levitikus 26 oor ons en die reën word weggevat van ons, en ons lande verdroog en ons lewer geen vrugte op nie!
Jer 5:22 Sou julle vir My nie bevrees wees nie, spreek Vader of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, ‘n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.
Jer 5:23 Maar hierdie volk het ‘n oproerige en wederstrewige hart, hulle het afgewyk en weggegaan;
Jer 5:24 en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog Vader onse ‘Ĕl vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.
Jer 5:25 Julle ongeregtighede het hierdie dinge afgeweer, en julle sondes het die goeie van julle teruggehou
Vader beveel ons om klossies of maw Tzitzits te maak en aan die hoeke van ons klere te dra. Dit sal ons aan Sy Wet herhinder elke keer as ons dit sien, en dit moet ‘n draad van blou stof inhê.
Num 15:38 Speak unto the children of Israel, and bid them that they make them fringes in the borders of their garments throughout their generations, and that they put upon the fringe of the borders a ribband of blue
(Die Afrikaans vertaling sê weer pers. Die skulp wat hul gebruik het om die kleur blou te kry is blou in die dag. In die aand is hy weer pers. Ons is kinders van die dag en nie van die nag nie … )
Die blou verwys na Konings blou na Mâshı̂yach. Ook die kleur van water …
Daar is geneesing in die Wet. Soos ons sien in Luk 8:44 het die vrou wat 12 jaar bloedvloeing gehad het, die soom van die Mâshı̂yach aangeraak. Dws sy het die klossies aangeraak wat die Wet voorstel. As ons die Wet vasgryp en dit begin doen, dan sal ons geneesing ontvang. As Mâshı̂yach iemand genees het het Hy gesê :
Joh 5:14 Jy het gesond geword; moenie meer sondig nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.
Ons sal ons geneesing kry as ons die Wet aangryp, en so sal die verlore stamme van die huis van Israel ook die soom of maw die Wet aangryp want ons sien van ons Judierse broeders dat Vader met hulle is en hulle seën :
Sag 8:23 So sê Vader van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ‘n Judierse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat ’Ĕl met julle is.
As ons sondig kom die vloeke oor ons en bring siektes:
Deu 28:58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, van Vader jou ‘Ĕl , te vrees nie,
Deu 28:59 dan sal Vader oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
Deu 28:60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe
Soos ons hierbo in die begin gesien het in Openbaring 22:2 stroom die water uit die troon van ‘Ĕl en die Lam en dit voed die nasies en so kry hul die geneesing deur die water (Wet) wat Mâshı̂yach laat uitsroom soos ons ook gesien het in Esg 37:24
As ons na Vader se Wet luister sal Hy ons seën met reën dat ons vrugbaar sal wees. Hy sal ons die Water bygee dat ons Geregtigheid oorvloedig sal wees. Dws ons sal vrugte dra.
Deu 32:1 Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.
Deu 32:2 Laat my leer (Wet, Engelse vertaling : instructions) drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante.
Soos Mâshı̂yach op die derde dag opgestaan het, so sal Hy ons ook lewend maak as ons na Vader se Wet terugkeer. As ons Sy Wet ken. Ken ons Sy karakter en Hy sal ons die reën gee en ons sal vrugbaar wees!
Hos 6:1 Kom en laat ons terugkeer tot YaHWeH (יהוה) ; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
Hos 6:2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
Hos 6:3 En laat ons ken—laat ons dit najaag om YaHWeH (יהוה) te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
As jy werklik wil terugkeer na Vader sal Mâshı̂yach die bedekking van Moshé verwyder en jy sal die Wet insien, en jy sal drink van die Lewende Water!
Joh 7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Yahusha gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!
Joh 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
As ons die Water drink sal ons die werke van die Gees doen, en dan sal ons nie meer onder die vloek wees nie!
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Gal 5:23 Teen sulke dinge is die wet (vloek) nie
Maar vandag vertrou ons op ons valse predikante wat die Wet van ons beroof. Soos die gelykenis in Matthéüs 13 van die saad wat die voëls oppik. So is die valse predikante. Jy praat met iemand ivm Vader se Wet. Hy neem dit in maar gaan praat met sy predikant. En hy sê vir hom ons is nie meer onder die Wet nie. En dadelik word daai saadjie opgepik! En so is die valse predikante ook wat gate maak in ons bakke dat die water (Wet) uitloop!!! En ons wil dit so hê en luister na hulle eerder as na Vader!
Jer 2:13 Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
Jer 2:14 Is Israel ‘n dienskneg? Of is hy ‘n bediende wat in die huis gebore is? Waarom het hy dan ‘n buit geword?
So huil Dawid en ons as ons sien hoe wetteloos ons mense is. Hoe ons geroof geplunder en vermoor word weens die vloeke wat oor ons heers!
Psa 119:136 My oë loop af in strome van water, omdat hulle u wet nie onderhou nie
As ons net die vloek ter harte neem soos in Deuteronomium 30:1-10 dan sal ons Vader se Aangesig soek! En Hy sal ons weer genees!
Jer 17:13 o Vader, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het Vader, die fontein van lewende water, verlaat.
Jer 17:14 Maak my gesond, Vader , dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof.
Jer 17:15 Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van Vader? Laat dit tog kom!
As ons nou kan verstaan dat die Water Vader se Wet is wat ons vrugbaar maak in Sy wee, en dat sonder die Water daar ‘n droogte kom en ons onvrugbaar maak. Dws die vloeke wat oor ons kom en ons verdelg, dan sal die gedeeltes ook meer sin maak vir ons:
Psa 63:2 o ‘Ĕl , U is my ‘Ĕl , U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water
Psa 65:10 U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van ‘Ĕl is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land
Psa 109:18 Hy het die vloek aangetrek soos ‘n kleed en—dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.
Jes 41:17 Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, YaHWeH (יהוה) sal hulle verhoor; Ek, die ‘ĕlôhı̂ym (H430) van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
Jes 41:18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn ‘n waterplas maak en die dor land waterbronne
Jes 44:3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge
Die Gees kom deur water … Dws Reiniging deur die Water
Jes 49:10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.
Ek sluit af met die gedeelte in Hooglied. Kyk hoe mooi beskryf Salomo die tuin met die lewende fontein :
Hooglied 4:12 My susterbruid is ‘n geslote tuin, ‘n geslote bron, ‘n verseëlde fontein.
Hooglied 4:13 U spruite is ‘n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,
Hooglied 4:14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.
Hooglied 4:15 U is ‘n fontein van die tuine, ‘n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei.
Hooglied 4:16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet
Laat ons die Water van die Lewe inneem dat ons Geregtigheid word soos die golwe van die see en dat ons net aanhou en aanhou om vrugte op te lewer. En dat ons nie links of regs van Vader se bevele sal afwyk nie!
HalleluYaH
