Die Koninkryk en Sy Geregtigheid 

 

Gister was ek deur ‘n vrou beskuldig dat ek te wetties is en nie die Koninkryk het nie!!

 

Dalk is dit omdat ek so ingestel is in die Koning se Wet om Sy Wet toe te pas en om ander daarvan in te lig. 

 

Want Vader se Wet is iets vreemds vir ons want ons was nooit daarin onderrig gewees deur ons valse Profete nie!!

 

Daarom sê YHWH (יהוה) die volgende:

 

Hos 8:12  Ek het hom tien duisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag. 

 

En steeds vandag is Vader se Wet iets vreemds vir die volk. En dis hoekom ons ten gronde gaan. 

 

Dalk is ek ook te wetties omdat ek vir 21 jaar ‘n Polisieman was wat die wet van die regeering wat ek gedien het, toegepas het. 

 

As iemand gesteel geroof of die wette van die land gebreek het, moes ons vir die lands wette opgestaan het, en hulle daarvoor vervolg…

 

Maar as ons dit nie gedoen het nie, was ons as slapgat en korrupt beskou gewees. 

 

Maar nou dat ek YHWH (יהוה) ontdek het, het ek Hom begin dien. Die staat wou nie gehad het dat ek my baard moet groei nie, en dit is tog ‘n uitkenmerk van die volk van Israel. 

 

Ek het altyd so uitgevoel op Vader se feeste om sonder ‘n baard te wees tussen die manne met die langbaarde. 

 

Ek het werklik soos ‘n vreemdeling gevoel! Dit was ook nie lank daarna dat ek toe bedank het, en toe eerder op my video produksie besigheid begin aandag gee. 

 

Vanoggend lê ek in die bed en dink aan die woorde wat die vrou gesê het, dat ek nie die Koninkryk het nie. En net op die Wet van Vader staatmaak!

 

As ek sê ek dien die Koning maar luister nie na Sy wette is ek weereens daai korrupte en slapgat Polisieman! 

 

Maar nou dat ek Sy Wet toepas uitleef en ander daarvan vertel is ek nou te wetties???

 

Moet ek nou eerder ‘n “bribe” vat van jou en stilbly en in ‘n ander rigting kyk? Sê JesegiEL 33 nie dat ons die goddelose moet waarsku nie anders is hulle bloed op my hande??

 

Ek sien dit so. Hier is Yahshua ons Koning. Ons moet Hom dien. En hier is die koning van die wêreld satan. En daars weer ander wat hom dien!

 

Nou hoe gaan ons nou die koring tussen die kaf uitken? Hoe gaan ons nou weet wie vir wie dien?

 

Yahshua sê in 

 

Joh 8:43  Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. 

 

Deur Sy Wet ken ons Hom! Ons weet wie Hy is en wat Hy verlang. En dis waarin ons moet wandel!

 

Ons is koring tussen die kaf. En al hoe ons gekenmerk gaan wees as koring is as ons Vader se Wet onderhou!

 

Deur Sy Wet stel ons ons appart! Ons mans dra baarde Lev 19:27. Ons dra ons tzitzits Num 15:38 en so kan ons mekaar uitken tussen die heidene!

 

Ons onderhou die Sabbat. Exo 20:9. Ons steek nie ‘n vuur aan in een van ons poorte op die Sabbat nie Exo 35:3. Dus braai ons nie saam die wêreld op ‘n vrydagaand of in die dag op ‘n saterdag nie! Ons is anders as hulle!

 

Vroeër jare was daar sogenoemde “chimney watchers” wat gekyk het by watter huise se koorstene in die winter rook nie uitkom nie! 

 

Daai mense was dan vervolg gewees omdat hulle die Sabbat onderhou het! Want hul het geweet dat hulle Sabbat hou en so was hulle vervolg gewees ter wille van die karakter van Vader. 

 

Nou hou ons Vader se feeste wat ‘n Ewige Insettinge is. Dis Sy afsprake wat Hy het met Sy volk! En so dien ons Hom om daaraan gehoor te gee! As ons versuim om Pesach te hou, word jy afgesny van die volk af : Num 9:13

 

Ons dra Sy teken in ons vlees en kom Sy Ewige Verbond na! Want Sy besnydenis is ook ‘n kenmerk om ons van die heidene te onderskei:

 

Jubileum 15:26 En elkeen wat gebore word, waarvan die vlees van die voorhuid nie op die agste dag besny is nie, behoort nie onder die seuns van die Verbond, wat die Meester met Abraham gesluit het nie, want hy is van die seuns van vernietiging: daar is geen Teken op hom dat hy die Meester s’n is nie; en sy eindbestemming is om vernietig te word en om te vergaan en om vanuit die aarde ontwortel te word, omdat hy die Verbond van die Meester ons Vader verbreek het.

 

So word ons een in Vader se woord en word volmaak saam Vader se Engele:

 

Jubileum 15:27 Want al die Engele van die Teenwoordigheid en al die Engele van Volmaaktheid was so geskape van die dag van hul Skepping af; en, net soos die Meester, Vader, die Engele van die Teenwoordigheid en die Engele van Volmaaktheid Toegewy het, so het Hy ook vir JisraEl Toegewy, dat hulle saam met Hom en Sy Volmaakte Engele behoort te wees.

 

Nou sê my asseblief wie dien ons as ons nie Vader se reels gehoorsaam nie? Kan ons werklik sê ons het Hom lief en ons onderhou nie Sy gebooie nie?

 

Terwyl Hy sê “as julle my liefhet, bewaar my gebooie!” John 14:15

 

Nou is daar ‘n teenstander naamlik: satan. hy is teen Vader se Wet en feeste Daniël 7:25. En ook teen Vader se Heilige Verbond dan 11:28-38

 

 En is vertoorend oor die wat die gebooie nakom Openbaring 12:17 en oor die wat die Heilige Verbond nakom Makkabeërs 1:60-61. 

As ons nie Vader se bevele nakom nie. Wie dien ons nou?

 

Wie verwerp nou eintlik die Koninkryk? En watter Koninkryk word gedien? Die Geregtigheid of ongeregtigheid??

 

Al hoe jy die Koning kan dien, is om Sy reels na te kom. Deur Sy Wet ken ons Hom en dis Sy gesag. En ons onderwerp ons aan Sy gesag! Indien nie is ons wetteloos en dien die ander koning!

 

Dus kies ek om my te onderwerp aan Sy gesag. En sal aanhou om Sy Wet te verkondig dat mense dit nie as iets vreemds ag nie. Dat hulle die Een kan dien wat hul voorheen nie geken het nie!

 

Dat hul die Geregtigheid van die Koninkryk kan leer en nie net dink hul ken die Koning nie, maar dat hulle Sy Woorde ook ken. Sy stem kan verstaan want dis anders as die van die wettelose koning sin!

 

Dis ‘n Koninkryk met reels jy kan nie sê jy ken Hom en verag Sy Wet nie. Want Hy sal die volgende sê :

 

Matt 7:23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van EL oortree.” 

 

Moet nie die Geregtigheid van die Koninkryk skei nie! Luister na die Koning se Wet en onderwerp jou aan Sy gesag! En so skei jy jou van die wêreld af, en so sal die Engele aan die eiende die koring tussen die kaf kan onderskei, en net die wetteloses uittrek en in die voor gooi Henog 1:1

 

Laat die wat kan hoor, hoor en die wat kan sien, sal sien en hul terugkeer na YaHWeH (יהוה) en Sy bevele gehoorsaam!

 

HalleluYaH 

 

Postbox Ministries