Ons vergaan omdat die leuen gees oor ons heers…
Amo 2:4 So sê YHWH (יהוה) : Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die WET van YHWH (יהוה) verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.
Amo 2:5 Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer
Dis presies wat Hos 4:6 sê …
En so ook Deuteronomium 28 en Wayyiqra (Levitikus) 26!
So kies ons die leuen gode en stel hulle oor ons aan!!
Isa 30:9 Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van YHWH (יהוה) nie wil hoor nie; Isa 30:10 wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry; Isa 30:11 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn!
En so sal die valse Profete vir ons lieg en sê ons is nie onder die Wet nie!
1Ki 22:22 En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
1Ki 22:23 En nou, kyk, YHWH (יהוה) het ‘n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en YHWH (יהוה) het onheil oor u gespreek.
En dis die krag van die dwaling om die leuen te glo want Vader se Wet is Waarheid Ps 119:142
2Th 2:9 hy wie se koms is volgens die werking van die Satan (Daniël 7:25) met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen
2Th 2:10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid (wetteloosheid) in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.
2Th 2:11 En daarom sal ‘Êlôhı̂ym hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, (hul glo hul is nie meer onder die Wet nie!)
2Th 2:12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid (Wet Ps119:142) nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid (wetteloosheid)
Moet nie jou oor afkeur om nie na die Wet te luister nie want dis hoekom die aarde vernietig gaan word!!
Isa 24:5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
Isa 24:6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.
Keer terug en kom in die “Ark” in voordat die storm kom!
Laat die wat kan hoor, hoor en die wat kan sien, sal sien en hul terugkeer na YaHWeH (יהוה) en Sy bevele gehoorsaam!
HalleluYaH
