Herstel jou verhouding met die Almagtige!

Ek hoor gereeld mense sê vir my dat die geloof nie gaan oor die onderhouding van die Wet nie,  maar dat dit gaan oor die persoonlike verhouding wat hul het met ons Vader!

Ek hoor wat hul sê maar ek stem ongelukkig nie saam nie! Gisteraand 21:30 skakel ’n broer my in die geloof wat ek van geen kant af ken nie en ons gesels oor ’n uur… Hy sê toe iets wat my motiveer het om hierdie studie stuk te skryf.

Hy sê die geloof gaan oor die persoonlike verhouding met ons Vader, maar satan kom en breek die verhouding af, en dis sy modus operandi!

En alles begin mooi sin maak vir my oor die verhouding wat ons moet hê met ons Vader. Reg in die begin het Adam met ’Êlôhı̂ym in die tuin gewandel. ’Êlôhı̂ym het gesien dat Adam alleen was en Hy het ’n maat vir hom geskape, sodat hy nie alleen moet wees nie!

Maar in die tuin van Eden was daar reels, dws ’n Wet. En net soos in elke huis gesin moet daar reels wees, so was daar reels ook in die tuin van Eden.

Jy kan nie sê daars geen reels in jou huis nie, sal jou huis dan bestaan? Jou kinders en vrou sal dan net maak en doen soos hulle wil.

Jy het jou aan jou vrou verbind, en ’n Verbond het julle met haar gesluit!

Omdat jul lief is vir mekaar, bly jul getrou aan mekaar en breek nie die Verbond om ’n verhouding met iemand anders aan te knoop nie! Indien wel, verbreek jy jou verhouding met jou eggenoot!

Jou kinders moet ook reels hê in jou huis. Hul kan nie laat wil gaan slaap en dan die volgende dag weer vroeg opstaan en dan moeg skool toe gaan nie! Hul moet ook gesê word om nie met slegte maats betrokke te raak nie!

Want sodra dit gebeur begin dit jou verhouding met jou kinders te beinvloed! Jou kind wil dan nie meer na jou luister nie, rebeleer, bank skool, rook en begin dalk dwelems te gebruik, en so versleg die verhouding tussen ouer en kind!

Alles net weens ongehoorsaamheid aan die reels van die ouerhuis! En so weens die ongehoorsaamheid aan Vader se bevele, het Adam en Gawwah (Eva) die verhouding tussen die Almagtige verbreek, en ’n ander boom se leering aangeneem!

Hulle was uit die tuin van Eden weggejaag. Later toe sien Vader Abraham is regverdig en sluit ’n Verbond met hom, en beloof dat sy nageslag soos die sterre van die hemel sal wees… Maar hulle moet Sy Verbond hou…

Die volk beland in Egipte en wyk weer van Vader se bevele af, dit gaan sleg met hulle, hulle word verdruk en hard behandel. Dus het die vloeke van Deuteronomium 28 ook oor hulle geheers daai tyd!

Hul wil weer die verhouding met die Almagtige herstel, en smeek vir hulp! Vader beveel hulle weer om onder die Verbond te kom, om te besny en die Pesach te hou, soos in Exo 12.

Die wat Pesach gehou het en onder die Verbond was, was beskerm toe die verderwer deur Egipte land getrek het!

 Die Almagtige wil weer ’n persoonlike verhouding hê met die volk en spreek direk op die berg Sinai met die volk! Maar die volk wil nie na die Stem luister nie! Dws hul wil nie na die Wet luister nie!

Hul vra Môsheh om eerder met hulle te praat, dus verwerp hulle die persoonlike verhouding met die Almagtige! Maar hulle beloof om alles te onderhou wat die Almagtige aan Môsheh gee!

Maar toe Môsheh al die bevele kry in Exo 34 plaas hulle ’n sluier oor Môsheh se aangesig, want hulle wil nie die heerlikheid sien in die Wet nie, daarom sê Dawid in Psalm 119:8  Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.

Maar die volk sluit hulle af om ’n persoonlike verhouding met die Almagtige te hê en sluit hulle hart toe om nie na die Wet te luister of te sien nie!

Dws die Wet is nie in hul hart nie! Want as die Wet in jou hart is, sal jy die Wet en Vader se feeste onderhou…

Jer 44:10 Hulle is tot vandag toe nie verbrysel van hart nie (dws die Wet is nie in hul hart nie), en hulle was nie bevrees en het nie gewandel in my wet en in my insettinge (dws Vader se feeste) wat Ek julle en jul vaders voorgehou het nie.

En omdat ons, ons hart verhard om nie na die Wet te luister nie, vertoorn ons Vader :

Zec 7:12 Ook het hulle hul hart soos ‘n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat YHWH (יהוה) van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van YHWH (יהוה) van die leërskare ‘n groot toorn gekom.

Dws as ons die Wet verwerp, verwerp ons ook Vader se Gees, kyk mooi wat hier gesê word : “deur sy Gees, wat Hy deur die diens van die vroeëre profete gestuur het”

Dws die Gees het met die Profete gespreek, en hul onderrig, en dis waarin die Apartgestelde (Heilige) Gees ons sal lei:

Eze 36:27  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

Nou verwerp ons die persoonlike verhouding van die Apartgestelde (Heilige) Gees en so word ons verstrooi onder die volke, en word ons  land verwoes!

Zec 7:14 Maar Ek sal hulle wegstorm onder al die nasies wat hulle nie geken het nie, terwyl die land agter hulle verwoes is, sodat niemand meer heen en weer trek nie. So het hulle dan die kostelike land tot ‘n wildernis gemaak.

Met die grond onteienings wet sien ek hoe hulle ’n pragtige plaas sal vat, en dit deur hulle gatte trek, en so sal ’n kostelike land ‘n wildernis word!

In Hand 13:22 was Dawid bestem as ’n man na Vader se hart en het die mooiste Psalms oor die Wet geskryf. Lees gerus die hele Psalm 119. Kyk ook hoe beskou hy die Wet van YHWH (יהוה)

Psa 19:8 Die wet van YHWH (יהוה) is volmaak: dit verkwik die siel (maar ons mense sê die Wet is ’n las!!); die getuienis van YHWH (יהוה) is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

Psa 19:9 Die bevele van YHWH (יהוה) is reg: hulle verbly die hart (dws die Wet besny die hart) ; die gebod van YHWH (יהוה) is suiwer: dit verlig die oë. (soos Dawid gesê het “Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit U wet.”)

Psa 19:10 Die vrees van YHWH (יהוה) is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge (maw the divine law) van YHWH (יהוה) is waarheid—tesame is hulle regverdig.

Psa 19:11 Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.

Psa 19:12 Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.

Ja die onderhouding daarvan is groot loon, dws die seeninge van Deuteronomium 28:1-14, maar dan word ons gewaarsku dat die verbreking daarvan bring baie vloeke soos in Deuteronomium 28:15 tot vers 68!

Dis darm snaaks dat mense sê die Wet en Vader se feeste of Verbond is nie ’n persoonlike verhouding met Hom nie! Maar wat het die volk gedoen as hulle terugkeer na Vader?

Toe koning Josía koning was, toe het hy al die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land was uitgerooi. En hy het Vader se fees gehou, en dit was die beste Pesach sedert die dae van die Rigters af:

2Ki 23:22 Want soos hierdie pasga is daar nie een gehou van die dae van die Rigters af wat Israel gerig het, en gedurende al die dae van die konings van Israel en die konings van Juda nie

En na hom was daar nie so ’n goeie koning gewees nie, Josía het Vader gedien met sy hele hart en siel, en dis om Vader se bevele, Sy Wet te gehoorsaam:

2Ki 23:25 En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot YHWH (יהוה) bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.

En so het Josía ’n Verbond met Vader gesluit om Vader te dien met sy hele hart en siel… En wat het dit behels?

2Ch 34:31 En die koning het op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van YHWH (יהוה) gesluit om YHWH (יהוה) te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring.

Baie interesant dat die naam Josía H2977 beteken “het YaH gevind”, of hom gevestig in YaH! Jy vestig jou in Vader as jy Sy wil doen, en so vind jy Hom met jou hele hart en siel en vestig jou in Hom!

En dis presies wat Mâshı̂yach gesê het hoe ons Vader moet dien in Matthéüs 22:37, met ons hele hart en sien en dan sê Hy in Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. Dws die hele Wet bly van krag!

Met Nechemjah se tyd het die volk ook hulle verhouding met Vader herstel, want ons sien in Neh 8 dat die volk weer ondderig was in Vader se Wet, en dat hulle die Huttefees weer gehou het.

Tot Oom Siener het gesien dat die volk weer hervorm gaan word soos in die dae van Nechemjah! Dws die volk gaan weer hulle verhouding wat verbreek was met die Almagtige herstel. En Sy Wet en feeste onderhou!

En so sal die Huttefees ook in die vrederyk gehou word soos in ZekarJah 14:16-18, en die wat nie deel aan die verhouding met Vader wil hê nie, sal nie reën kry nie!

So sal die Ewige Verbond ook van toepassing wees vir die feeste, want nie net een fees sal gehou word in die vrederyk nie, almal sal gehou word, so ook Pesach wat beskou word as die huweliksmaaltyd en so sal die wat nie ’n “Bruilofskleed” aan het nie, weggewys word.

En dis waarna Esegiël 44:9 verwys as hul sê “So sê die Meester YHWH: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie”

En so sal een Wet geld vir die uitlander en die kind van die land Exo 12:49

En een van die oudste profesies beloof ons, dat ons weer versamel gaan word, en die Almagtige gaan weer onder ons woon wanneer ons terug keer na Sy bevele, naamlik:

Deu 30:1 En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, (dws die vloeke van Deuteronomium 28) en jy dit ter harte neem (dws begin die Wet insien) onder al die nasies waarheen YHWH (יהוה) jou ’Êlôhı̂ym jou verdryf het,

Deu 30:2 en jy jou tot YHWH (יהוה) jou ’Êlôhı̂ym bekeer en na sy stem luister (dws begin om die Wet toe te pas) net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, (soos koning Josia en soos YaHusha gesê het)

Deu 30:3 dan sal YHWH (יהוה) jou ’Êlôhı̂ym jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen YHWH (יהוה) jou ’Êlôhı̂ym jou verstrooi het.

Nou kom woon die Almagtige in ons midde, lees gerus die hele Deuteronomium 30. En Hy sal vir ons ’n Vader wees en ons sal Sy volk wees, dws dis die Nuwe Verbonds belofte, ons is versamel en nie meer verstrooi nie, en die Almagtige woon in ons midde.

Maar wat sal ons steeds moet doen?

Deu 30:8 Maar jy sal weer na die stem van YHWH (יהוה) luister en al sy gebooie doen wat ek jou vandag beveel.

Deu 30:10 as jy na die stem van YHWH (יהוה) jou ’Êlôhı̂ym luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot YHWH (יהוה) jou ’Êlôhı̂ym bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.

Let wel in hierdie Wetboek! Dis nie ’n nuwe Wet nie! Daar het nie veranderinge gekom in die Nuwe Testament nie, en Mâshı̂yach bevestig dit duidelik in Matthéüs 5:17-19!

Want Hy sê gereeld as jy Hom liefhet bewaar Sy gebooie John 14:15, John 14:21, 1 John 5:2.

En Sy skape ken Sy stem, want hulle kan na Sy Wet luister! Hy sê ook in Matthéüs 12:50 dat die wat die wil doen van Sy Vader is Sy moeder, broer en susters is!

En so sal die draak vertoorend wees oor die wat die gebooie onderhou en wil hulle vervolg, want dis wat die vyand se modus operandi is, om ons verhouding met ons Vader te verbreek, om ons weg te hou van Vader se Wet en Sy feeste.

En dis wat Daniël geprofiteer het in Daniël 7:25, en dis hoekom ons geleer word dat ons nie meer onder die Wet is nie, en ook nie Vader se feeste moet onderhou nie, en so is die vyand ook teen Vader se Ewige Verbond, die Heilige Verbond naamlik: die besnydenis soos Daniël 11:28-38 geprofiteer het.

Alles om net jou verhouding met die Almagtige te verbreek sodat daar skeiding kan kom tussen jou en die Vader… Dis so snaaks om te sien hoe die volk verdeeld raak tydens Vader se feeste!

As dit nie die kalender is nie, dan is dit die besnydenis, en so kom daar skeiding ipv eenstemmigheid in Vader se Woord!

Jou Vader het reels, en om onder Sy dak te wees, en Sy vleuels van beskerming te beleef moet ons daaraan gehoor gee, want daars groot wins daarin, dis meer werd as goud en silver!

Versterk jou verhouding met die Vader en leer van Hom, sien die wonders in Sy Wet, en pas dit toe, en sien hoe die Skrif oopgaan vir jou en so versterk jy jou verhouding met Hom, en jy sal ook ’n man na Vader se hart wees.

Laat die wat kan hoor, hoor en die wat kan sien, sal sien en hul terugkeer na YaHWeH (יהוה) en Sy bevele gehoorsaam!

HalleluYaH