Yahusha bid nie vir die Wetteloses nie.

John 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

Die wêreld is wetteloos en Yahusha kan nie vir die wetteloses bid nie :

JirmeJaH 7:16 En jy, bid nie vir hierdie volk nie en hef vir hulle geen smeking of gebed op nie en dring by My nie aan nie, want Ek sal na jou nie luister nie …

Hoekom sal יהוה YaHWeH nie na hulle luister nie?

Spreuke 28:9 Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel.

Hoekom luister hul nie?

JirmeJaH 7:22 Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie. 23 Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n Elohey wees, en julle sal vir My ‘n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel (die Wet) , dat dit met julle goed kan gaan (seeninge van Deut 28). 24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie. 25 Van die dag af dat julle vaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe het Ek na julle al my knegte, die profete, gestuur, daagliks, vroeg en laat; 26 maar hulle het na My nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard; hulle het dit erger gemaak as hul vaders

Hul het hul hard verhard en hulle ore vir die Wet toegestop!

Matthew 13:15 >>
Want die hart van hierdie volk het stomp geword, en met die ore het hulle beswaarlik gehoor; en hul oë het hulle toegesluit, sodat hulle nie miskien met die oë sou sien en met die ore hoor en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.

Die geneesing is in die Wet.

Deuteronomium 28:58 As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, יהוה YaHWeH jou Elohey te vrees nie, 59 dan sal יהוה YaHWeH oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes; 60 en Hy sal weer op jou bring al die kwale van Egipte waarvoor jy bang was, sodat hulle jou aanklewe. 61 Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, die sal יהוה YaHWeH teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.

Jakobus vertel ons hoe ons die geneesing sal ontvang:

Jak 5:14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van יהוה YaHWeH met olie gesalf het. 15 En die gebed van die geloof (gebed van die geloof is om terug te keer na die Wet) sal die kranke red (hy sal seëninge van Deut 28 ervaar), en יהוה YaHWeH sal hom oprig. Selfs as hy sonde (wet gebreek het) gedoen het, sal dit hom vergewe word. 16 Bely mekaar julle misdade (erken aan mekaar dat jy wetteloos was. Stap van vargifnis is om te erken jy was verkeerd) en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag. (‘N regverdige is iemand wat na die Wet luister en doen. Sy gebede sal יהוה YaHWeH aanhoor Spreuke 28:9)

Yahusha wil nie hê die sondaars (wetteloses) moet kan sien dat hul moet terugkeer na die Wet en dan moet Hy genees nie. Omdat hul hard verhard het het hul hul oë en ore toegesluit.

Dws hul luister nie na die Wet nie :

Jes 30:8 Gaan nou in, skryf dit op ‘n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in ‘n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid. (Tot in ewigheid beteken tot na Yahusha ook!) 9 Want dit is ‘n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van יהוה YaHWeH nie wil hoor nie; 10 wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry; 11 wyk af van die weg, buig af van die pad, laat die Heilige van Israel voor ons aangesig verdwyn

Vandag is daar miljoene mense wat dieselfde bybel lees maar hul is teen Vader se Wet. Hul beleef nie die seëninge nie is kranklik en word beroof en geplunder maar dink hul word beproef want hul is “bekeerd”. Steeds weet hul nie wat bekering is nie !

Hul besef nie dat Vader is besig om hul te verdelg nie. Maar wanneer hul regtig bekeer word die sluier van Moshe (Exo 34) verwyder en hul sien die bevele wat hul moet onderhou.

Maar salig is die wat die gebooie en bevele onderhou hul sal in die stad ingaan …

Revelation 22:14 >>
Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

Die besoedelde en wetteloses sal buite wees :

Ephesians 5:5 >>
Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Mâshı̂yach en van Elohey nie.

Wie kan vir jou intree en bid tot die Vader as jy wetteloos wil bly?

Yahusha sal nie vir jou bid nie want agv die dorings wat jou ontvrugbaar gemaak het, of maw mense in jou lewe wat nie Vader se Wet wil gehoorsaam, soos byvoorbeeld jou vrou wat nie wil hê jy moet ‘n baard groei nie …

So wat gaan jy maak? Kap jy jou regterhand af?

Luke 14:26 >>
As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.

Haat die Wetteloosheid ywer vir geregtigheid al keer jou eie gesin jou:

Psalms 45:8 >>
U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid.

Yahusha kan nie vir jou bid of intree tot die Vader, as jy jou afkeer van die Wet en dit ootree nie, jy sal weggejaag word!

Matt 7:23 Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van Elohey oortree

Verwerp die Wet verwerp jy Yahusha want Hy is die Wet in die vlees

HalleluYaH.